Wiskunde ekstra klasse in Afrikaans in alle Suid Afrikaanse sentrums:
Ekstra wiskunde hulp word aangebied vir graad 4 tot 12 leerders in al ons sentrums. Ons stelsel is volledig in Afrikaans vertaal want ons besef hoe belangrik dit is om onderrig in jou moedertaal te ontvang. Leerders kan dus kies of hulle die wiskunde program (en addisionele leesmateriaal) in Afrikaans of Engels wil gebruik. Master Maths volg die Suid Afrikaanse wiskunde kurrikulum.

‘n Suksesvolle kombinasie vir ekstra wiskunde hulp:
Ons stelsel gebruik interaktiewe rekenaar lesse, tutors , werksopdragte en handboeke om die leerstof oor te dra. Die doel is om die korrekte manier van dink te kweek en ook om ‘n merkbare verbetering in die leerders se wiskundepunte teweeg te bring. Ons wiskunde ekstra klasse en stelsel is uniek, nie net omdat dit rekenaargebaseerde wiskunde lesse het nie, maar leerders ontvang persoonlike hulp van opgeleide wiskunde tutors.

Wiskunde klasse wat gefokus op elke leerder se unieke behoefdes:
Die wiskunde werksopdragte toets begrip en die vermoë om vrae korrek te beantwoord. Dit stel leerders ook bloot aan verskillende maniere waarop vrae in die eksamen gevra word. Die leerder se vordering kan ook so gemeet word, en die tutors kan bepaal of hy/sy gereed is om na die volgende afdeling te doen. Leerders sal nooit werk aanpak waarvoor hulle nog nie gereed is nie, en dus bly hulle gemotiveerd en sukkel nie om nuwe konsepte te snap nie.

Wiskunde ekstra klasse sedert 1976:
Master Maths het tans meer as 140 sentrums reg oor die land en bied betroubare aanvullende onderrig met ‘n professionele ondersteunings struktuur. 36 jaar van ekstra wiskunde ondervinding het ons geleer wat die mees doeltreffende onderrig metodes is. Gebruik die Find a Centre funksie en skakel gerus u naaste sentrum om meer uit te vind.