Volledig Tweetalig!    Call us... +27(0)21 851 5660

headerimage

Graad 11 eksamen kursusse in Oktober 2012

Ons gee voorkeur aan ons bestaande graad 11 leerders, so bepreek u plek so gou as moontlik. Ons graad 11 wiskunde eksamen hersiening kursusse is in hoe aanvraag en sentrums kan net nuwe leerders vat indien daar nog plek beskikbaar is. Kontak asseblief u naaste sentrum (Find A Centre) vir meer informasie en om ‘n plek te bespreek.

Die graad 11 finale eksamen is waarskynlikheid een van die belangrike eksamens wat leerders in hul lewens gaan skryf. Indien leerders verder wil studeer is die resultate van hierdie eksamen van kardinale belang. Wanneer hulle aansoek doen vir universiteit toelating word die graad 11 eind jaar eksamen uitslae gebruik. Besoek gerus ons Maths for University Entrance bladsy vir meer informasie.

Leerders word onder groot druk geplaas om die graad 11 wiskunde kurrikulum te voltooi tydens die skooljaar. Die resultaat is dus dat leerders soms nie genoeg tyd het vir eksamen hersiening nie. Om hierdie probleem aan te spreek bied ons ‘n graad 11 wiskunde eksamen hersiening kursus aan (soortgelyk aan die graad 12 kursus).

Die doel van hierdie wiskunde hersiening program is:Master Maths: Graad 11 wiskunde kursusse

•    Om leerders gereed te kry vir die graad 11 eksamens.
•    Om leerders bloot te stel tot tipiese eksamen vrae.
•    Om leerders te leer bepaal watter gedeelte die vrae aanspreek.
•    Tyd-bestuur van vraestelle te beoefen.

Besoek gerus ons Ekstra Wiskunde Klasse bladsy om meer uit te vind oor on wiskunde klasse in Afrikaans.