Volledig Tweetalig! Call us... +27(0)21 851 5660
Ons bied matriek (Graad 12) eksamen en wiskunde vraestel hersiening kursusse vir Junie en Oktober 2012. Ons gee voorkeur aan ons bestaande matriek leerders, so bepreek u plek so gou as moontlik. Ons hersiening kursusse is in hoe aanvraag en sentrums kan net nuwe leerders vat indien daar nog plek beskikbaar is. Kontak asseblief ‘n sentrum direk (Find A Centre) vir meer informasie en om ‘n plek te bespreek.

Ons bied hierdie graad 12 eksamen wiskunde kursusse al vir die afgelope 34 jaar aan. Tutors sal die werk wat die leerders in die jaar gedoen het hersien, en op elkeen se benodigdhede konsentreer. Hierdie wiskunde kursusse kan ‘n groot verskil maak in middel en eindjaar matriek wiskunde resultate. Na ons graad 12 hersiening program voel leerders dat hulle baie meer vertroud is met die tiepe vrae wat in die eksamen gevra word. Die hersiening help leerders ook met die tyd-bestuur, wat baie belangrik raak wanneer leerders onder groot druk is tydens die matriek eind eksamen.
Tydens hierdie sessies word wiskunde eksamen vraestelle geskryf onder eksamen toestande. Sodoende leer hulle om onbekende vrae te beantwoord wat tipies is van wiskunde eksamen vraestelle. Dit gee leerders ‘n groot sielkundige voordeel tydens die hoë druk omstandighede wanneer hulle eksamen skryf. Vraestelle word gemerk en leerders kry ‘n spesiale verslag wat aandui waar hulle kan verbeter. Wiskunde vraestel sessies word aan leerders toegeken afhangend van elkeen se eksamen rooster.
Besoek gerus ons Ekstra Wiskunde Klasse bladsy om meer uit te vind oor on wiskunde klasse in Afrikaans.
Copyright © All Material MasterMaths 2011
Design by Bicas IT Services
