Leerders behoort so vroeg as moontlik in die jaar by ’n Master Maths aan te sluit. Ons sentrums maak in Januarie oop sodat leerders kan inskryf voordat die skooljaar begin. Dit sal die leerders help om ’n voorsprong in die jaar te kry. Die hersieningsprogram vir eksamens word op sekere tye deur die jaar aangebied word, en ons sentrums gee voorkeur aan leerders wat reeds vir ekstraklasse ingeskryf is. Die aanvraag na hierdie werkswinkels is groot en nuwe kliënte kan slegs in ag geneem word indien daar plek in ’n sentrum beskikbaar is. Kontak asseblief die betrokke sentrums vir meer inligting en om jou plek te bespreek. Die kontakbesonderhede vir die sentrums is op die webtuiste, onder “Find a Centre”, beskikbaar. Neem asseblief kennis dat nie al ons sentrums vakansie-werkswinkels aanbied nie.

Graad 10 Wiskunde KABV-hersieningsprogram

Master Maths bied aan Graad 10 hersienningprogramme.

Die Graad 10 Hersieningsprogram is so saamgestel dat leerders die geleentheid kry om al die Wiskunde-inhoud wat deur die jaar geleer is, te hersien. Die inhoud wat behandel is voor die eksamens in die middel én aan die einde van die jaar, kan hersien word deur die verskillende beskikbare komponente te gebruik. Konsolidasie-modules vir hersiening gee die leerder kans om sy of haar kennis toe te pas en vaardighede te oefen. Die notas bevat opsommings en die werksopdragte help die leerder om inhoud te onthou, roetine of ingewikkele metodes toe te pas en vaardighede vir probleemoplossing te oefen. Die gebruik van die verskillende komponente in ons hersieningskonsolidasie-program stel leerders in staat om die inhoudsafdelings en vaardighede te identifiseer wat nog aandag nodig het. Deur te weet waarop om tyd te spandeer terwyl hulle leer en vir die eksamen voorberei, gee die leerders ’n voorsprong en selfvertroue terwyl hulle studeer.

Leerders kan ook aan sessies deelneem waar hulle eksamenvraestelle in ’n eksamen-tipe omgewing skryf. Hierdie tyd word gebruik om hulle voor te berei om in eksamen-omgewings te skryf; tydens hierdie sessies bied die tutors geen hulp met die vrae aan nie. Hierdie antwoordstelle word gemerk en die leerders ontvang terugvoer oor hoe hulle gevaar het. Tutors staan die leerders by om hulleself te evalueer en die volgende stappe in hulle studies te beplan

Graad 11 Wiskunde KABV-hersieningsprogram

Master Maths bied aan Graad 11 wiskunde hersienningprogramme.

Die hersieningsprogram vir Graad 11 konsolidasie word uit verskillende dele saamgestel. Die hoofdoel is om leerders vir die eksamens in die middel en aan die einde van die jaar voor te berei. Hersieningsmodules word voorsien wat die werk opsom wat die leerders nodig het om te ken. Tutors bied ondersteuning aan en ontledingstoetse is beskikbaar om die afdelings waar leerders probleme ervaar, uit te lig. Dit verseker dat die leerder sy of haar kennis oor hierdie afdelings kan ontwikkel en sodoende meer suksesvol eksamen kan skryf. Leerders word van notas en werksopdragte voorsien wat hulle hersieningsessies versterk. Leerders kan ook sessies bywoon waar eksamenvraestelle in ’n eksamen-tipe omgewing geskryf word. Hierdie tyd word gebruik om hulle voor te berei om in eksamen-omgewings te skryf; tydens hierdie sessies bied die tutors geen hulp met die vrae aan nie. Leerders kan hulle tydsbestuur oefen en met die tipe vrae wat gevra kan word, bekend raak. Hierdie antwoordstelle word gemerk en die leerders ontvang terugvoer oor hoe hulle gevaar het.

Ons bied ook ’n Graad 12 hersieningsprogram aan! Vind hier meer uit.