Master Maths bid aan wiskunde vakansie wekswinkels.

Die afgelope 36 jaar se ervaring in Wiskunde-onderrig het ons geleer dat die eerste en tweede kwartale vir sommige leerders baie moeilik kan wees. Leerders kan oorweldig word deur die nuwe jaar en werkslading, asook nuwe onderwysers en klasmaats. Leerders ervaar gereeld dat die eerste twee kwartale se punte laer is as waaraan hulle gewoond is, veral vir die hoeveelheid werk wat hulle ingesit het. Dit is gelukkig nooit te laat om ’n verandering vir beter resultate te bring nie!

Master Maths sentrums regoor die land bied daarom vakansie-werkswinkels aan. Dit is vir alle leerders van Graad 4 tot 12 beskikbaar. Hierdie programme word tydens al die vakansies aangebied, en begin reeds in Januarie om sodoende vir leerders ’n voorsprong in die jaar te gee. Dit word regdeur die jaar tot September aangebied, tot voor die laaste eksamens van die jaar om ons leerders vir eksamens voor te berei. Elkeen van hierdie geleenthede word saamgestel om leerders te help om die punte waarna hulle mik, te bereik. Ons bekwame tutors bied alle vakansie-werkswinkels aan.

Nie al die Master Maths sentrums bied hierdie kursusse aan nie, kontak dus gerus die sentrum naaste aan jou om uit te vind of hulle jou kan help – gebruik die “find a centre” funksie op die webtuiste. Ons gee ook voorkeur aan leerders wat reeds by ons sentrums ingeskryf is, so hoe gouer jy vir onderrig inskryf, hoe beter! Die werkswinkels word vinnig volbespreek, doen dus navraag en bespreek u plek so gou as moontlik!

Besoek gerus Maths Lessons the M2 Way vir meer inligting oor die stelsel wat ons vir Wiskunde-onderrig gebruik.