Master Maths Tuition Centre

Upington

Our centre is open and we can't wait to talk to you. Get ready to start the journey to positive results!
Master Maths - Upington

Contact

0543311970
0829735367
Click to WhatsApp

Address

Cnr of Jan de Klerk St & Audrey Beukes St
Hoërskool Duineveld Room 2A
Upington
Get Directions

About Upington Master Maths

Classes or ‘lessons’ for grade 4 to 12 learners. Our Master Maths Upington centre provides extra maths help using trained tutors for mathematics teaching and tutoring. Wiskunde ekstra klasse is volledig tweetalig.

Master Maths Upington strewe daarna om te sorg dat elke leerder wat by ons inskryf, die geleentheid gegun word om sy/haar volle potensieaal te bereik. Ons span vriendelike tutors is vol energie,baie entoesiasties en altyd gewillig om te help. Die sukses wat leerders by ons behaal spreek vanself.

Ons strewe na kwaliteit onderrig vir al ons leerders. Ons glo dat kwaliteit onderrig nie net wiskundige vaardighede verbeter nie, maar ook waarde toevoeg tot die hele lewe van ons leerders. Daardeur help ons leeerders om beter lede van die samelewing te word wat hul plek in die gemeenskap kan volstaan. Hulle word ook die geleentheid gebied om vir hulle eie toekoms deure oop te maak. Wiskunde is vir baie studente ‘n ‘maak-of-breek’-vak, en as ons hulle kan help om dit ‘te maak’ gaan hulle die lewe in met selfvertroue en selfstandigheid. Hierdie uitgangspunt van kwaliteit onderrig lei daartoe dat ons sentrum kan presteer, soos duidelik blyk uit die toekennings wat ons reeds ontvang het. Ons is trots daarop dat ons sentrum, wat in 2004 oopgemaak het, die eerste plattelandse sentrum was wat die gesogte nasionale Franchisee of the Year-toekenning kon verower. Tans is ons steeds op ‘n gereelde basis onder die top 15 sentrums in die land, wat getuig van volgehoue kwaliteit onderrig. By ons is die student se ontwikkeling en prestasie in ‘n gebalanseerde lewe die hoogste prioriteit.

Master Maths Upington help jou om jou merk in die lewe te maak!

Centre team

Image

Madie Muller

Owner & Tutor - “Dis ‘n voorreg om met die wiskunde- en lewensvorming van ons laerskoolleerders te werk. Veral wanneer ‘n kind wat ‘n ‘vrees’ vir wiskunde gehad of baie gesukkel het agterkom hy/sy kan dit baasraak word al ons harde werk beloon.”
Image

Paul Muller

Tutor - “Dis ‘n voorreg om met die wiskunde- en lewensvorming van ons laerskoolleerders te werk. Veral wanneer ‘n kind wat ‘n ‘vrees’ vir wiskunde gehad of baie gesukkel het agterkom hy/sy kan dit baasraak word al ons harde werk beloon.”
Image

Dorette van Wyk

Admin
Image

Carla Engelbrecht

Tutor -"Ons bied hulp aan kinders met probleme en dis fantasties om deel van so ’n proses te wees.”
  • Graad 10
    "Mastermaths het my die hupstoot gegee wat ek nodig gehad het om ‘n onderskeiding in Wiskunde te kry. Dit help verskriklik baie, ek leer vir al my toetse uit die Master Maths notas. Ek hoef nie te wonder oor enige iets nie, ek weet die tannies en oom is gretig om te help.Ek is een van min mense wat kan sê ek geniet Hoërskool Wiskunde. As dit nie vir Master Maths was nie, sou ek nooit gewees het waar ek is vandag nie. Ek is vir ewig dankbaar vir Master Maths se bydrae, nie net tot my punte nie, maar ook tot my lewe!"
    Graad 10
  • Graad 10
    "Daar is nie woorde wat my dankbaarheid kan beskryf nie. Master Maths en Master Science help my elke dag om my potensiaal ten volle te bereik. Die geduld, vriendelikheid en toewyding van die Master Maths Span laat my baie bevoorreg voel om die klasse te kan bywoon. Ek kon nie vir beter hulp gevra het nie."
    Graad 10
  • Graad 11
    "Ek het in 2014 by Master Maths begin, en in 2016 by Master Science. Master Maths/Science het my gehelp om ‘n positiewe houding teenoor Wiskunde en Skeinat te kry. Ek is ook meer vertroud met die vakke, as gevolg van al die ekstra oefening. Sedert ek met die klasse begin het, het ek nog nooit minder as 70% gekry nie."
    Graad 11
  • Graad 9
    "Dit het my Wiskunde punte help verbeter en ek geniet dit baie. Ek hou daarvan as ek die vorige middag klas gehad het, en die volgende oggend presies te weet wat in die klas aangaan. Ek sal Master Maths vir enige kind aanbeveel wat met Wiskunde sukkel."
    Graad 9
  • Graad11
    "Master Maths het my baie gehelp om goeie punte te kry, deurdat onderwerpe op ‘n ander manier aan my verduidelik word. Dit help my om die moeilike afdelings beter te verstaan."
    Graad11
  • Graad 9
    "Ek is al vir 5 jaar by Master Maths. Dit bied vir ‘n geleentheid om hersiening te doen. As ek sukkel met iets is hulle altyd bereid om my te help. My punte het baie verbeter vandat ek aangesluit het. Master Maths is die rede dat ek die beste Wiskunde punte in my klas het, en het Wiskunde vir my lekker gemaak."
    Graad 9
  • Graad 12
    "Toe ek by Master Maths begin het, was ek op my swakste met Wiskunde, van Algebra tot by Trig. Met baie moeite en tyd het Master Maths my swak 48% verander na ‘n sterk en trots 75% op my rapport. Die stress van ‘n wiskunde toets het heeltemal verdwyn. Vir die eerste keer vanaf laerskool geniet ek dit om wiskunde te doen en sien uit vir die uitdaging van ‘n toets. Dit sou glad nie moontlik gewees het sonder die hulp van Master Maths en die mense wat daar is nie."
    Graad 12
  • Graad 9
    "My Wiskunde punte het baie verbeter vandat ek met Master Maths begin het, en dit bly hoog. Dit het my geleer dat jy goed kan doen in Wiskunde as jy dit net oefen en aanhou prober. Die Tannies en Oom is baie behulpsaam en is altyd daar om ons te help as ons met iets sukkel."
    Graad 9
  • IEB Student
    "Master Maths is a great centre, with excellent staff. The support and guidance provided at Master Maths are of great value and promotes/encourage progress in your personal life. They display good leadership as a unit and individually. Their knowledge, help, facilities and centre are easily accessible and the learning is very convenient. I would refer anyone on any day to Master Maths, and wish you the best of luck for the future.
    IEB Student

Do you need help with physical science?

We offer tuition for grades 10 - 12.
Visit Master Science